Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 22 APRIL 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:

RASSIE ERASMUS, ZS1YT, NUWE SARL-PRESIDENT

JAARLIKSE TOEKENNINGS

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike items of meer.

RASSIE ERASMUS, ZS1YT, NUWE SARL-PRESIDENT

Rassie Erasmus, ZS1YT, is die nuutverkose President van die SARL. In sy rede tydens die jaarlikse dinee, wat gisteraand gehou is, het hy gesê dat sy doelwit vir hierdie jaar van sy dienstermyn is: “Saam sal ons meer vir amateurradio bereik.”

Hy het gesê: “Ek glo dat klubs meer aktief by die SARL betrokke moet raak met sy nasionale aktiwiteite en aan die ander kant moet die SARL nouer met klubs skakel. Die ou cliché van “eendrag maak mag” kan nie meer as ooit tevore waar wees nie. Terwyl ons suksesse op internasionale terrein bereik, moet ons harder werk vir suksesse op nasionale vlak. Ons moet beter saamwerk en meer met mekaar gesprek voer. Klubs en die SARL moet mekaar ondersteun om te groei en uit te brei. Die IARU se internasionale boodskap word slegs versterk deur nasionale lede en verenigings.”

“Ek moedig elke klub aan om om met die SARL te affilieer en 'n skakelbeampte aan te stel om die kommunikasiekanaal te versterk. Kommunikasie moet tweerigting wees en dit is die belangrikste taak vir 'n skakelingbeampte van elke klub. Vertel die SARL wat op klubvlak gebeur en hoe die SARL meer waarde kan toevoeg. Dit behoort ook die taak van die skakelingbeampte te wees om te verseker dat die SARL se kommunikasiekanale die klublede bereik deur inligting in plaaslike bulletins in te sluit, tydens klubvergaderings en ook komiteevergaderings van klubs.”

Ons het nou gehoor wat Rassie se voornemens is, laat ons hom eendragtiglik ondersteun.

Sterkte en goeie wense.

MOSIES EN BESPREKINGS TYDENS AJV

Die uitslae aangaande mosies en besprekings tydens die AJV sal in volgende week se uitgawe van SARLNUUS ingesluit word.

JAARLIKSE TOEKENNINGS

Hier volg nou goeie nuus vir baie radioamateurs.

Toekennings is gisteraand tydens die toekenningsdinee as volg gedoen:

Lewenslange erelidmaatskap, die SARL se hoogste toekenning aan:
Francois Botha, ZS6BUU
Dennis Green, ZS4BS

Willie Wilson goue wapen vir uitsonderlike en verdienstelike diens aan die Liga verleen aan:
Dick Stratford, ZS6RO
Tjerk Lammers, ZS6P

Jack Twine-toekenning aan amateurs ter erkenning van kwaliteite soos onselfsugtigheid, goeie radiobedryfsprosedures en ‘n egte belangstelling in amateurradio aan:

David Cloete, ZR6AOC
Dawie Conradie, ZR6DHC
Anthony Forteath, ZS2BQ
Geoffrey Levey, ZS6GRL
Romeo Nardini, ZS6ARQ
Theunis Potgieter, ZS2EC
Nico van Rensburg, ZS6QL
Phillip van Tonder, ZS6PVT
Willem Weideman, ZS6WWJ

Die President se toekenning aan:
Riaan Greeff, ZS4PR
Hans van de Groenendaal, ZS6AKV
Frik Wolff, ZS6FZ

Icom-toekenning vir uitnemendheid, die ‘Prima’-toekenning van die SARL aan:
Die 7P8EME-span

Bedryfstoekennings.

Die Arthur Hemsley-2 metertrofee aan ‘n radioamateur vir sy/haar individuele prestasies in die 2 meterband aan:
Andre Pretorius, V51B en Nazir Gesant, ZS1NAZ

Barney Joel Trofee vir enige lid van die SARL vir die beste prestasie met mobiele werking op HF aan:
Alan TerBlanche, ZS6EXT

Joseph White-skild vir buitengewone prestasies In die 432 MHz-band deur die afgelope jaar, nie vir die langste afstand behaal nie, maar vir beste algehele prestasie aan:
Derek Gravett, ZS5Y

Bert Buckley 6-metertrofee vir ‘n amateur vir sy/haar individuele prestasies in die 6-meterband, nie vir die langste afstand bereik nie, maar vir uitmuntende prestasies op die 6-meterband aan:
Lynette Human, ZR6LHT/ 7P8LHT

Radio ZS tweemeter wisseltrofee wat die langste afstand gedurende die jaar in die tweemeterband bereik het aan:
Alan Saul, ZS1LS

Toe die Radio ZS Toekennings.

Die Radio ZS-skild toegeken deur die redakteur van Radio ZS aan 'n SARL-lid of SARL-geaffilieerde klub wat Radio ZS die beste gedurende die jaar ondersteun het aan:
Henry Chamberlain, ZS1AAZ
Karl Canitz, ZS1KC
René van Zyl, ZS1VR
Hans Nothling, ZS1WZ

Die J J Pienaar-trofee vir die beste artikel wat gedeurende die jaar in Radio ZS gepubliseer is aan:
Pieter Human, ZS6PA

Gary Immelman RA Erfenis wisseltrofee vir die beste artikel oor 'n meer as 5 jar oue gebeurtenis of oor 'n interessante persoonlikheid wat 'n belangrike rol gespeel het in die ontwikkeling van amateurradio in vorige jare aan:
Vidi la Grange, ZS1EL

Kompetisietoekennings.

Stil Sleutel ESB Herdenkingstrofee vir die hoogste telling in die HF-kompetisie aan:
Quartus de Witt, ZS6EE

Stil Sleutel GG Herdenkingstrofee vir die hoogste telling in die HF GG kompetisie aan:
Roger Jones, ZS6RJ
Joseph White trofee vir die hoogste telling in enige band die HF-kompetisie aan:
Pierre van Deventer, ZS6A

Fred Mills trofee vir die hoogste telling deur 'n deelnemer wat nooit tevore 'n SARL-kompetisie gewen het nie aan:
Geoffrey Levey, ZS6GRL

Anon. Trofee vir die hoogste telling in enige band die HF GG-kompetisie aan:
Bruce Dunn, ZS5XT

HOS-trog aan die amateur wat die hoogste totale punte in die HF-kompetisies aangeteken het aan:
Hans Kappetijn, ZS6KR

Die Klubdeelnametrofee vir die klub met die hoogste deelname aan die HF GG- en foonkompetisies aan:
Wes-Rand ARK

Die Ray Webber, ZS6RSW BHF/UHF trofee vir die klub/indiwidu vir die hoogste telling in die BHF/UHF-kompetisie aan:
Andre Botes, ZS2ACP

Die SARL 80 m Klubkompetisietrofee vir die klub met die hoogste puntetelling in die 6 SARL 80 m klubkompetisies aan:
Wes-Rand ARK

Die Hamnetskild vir uitstekende diens op 'n sekere gebied aan die gemeenskap, die gesag of Hmanet in die besonder, noodhulpverlening of voorsiening van noodkommunikasie aan:
Dave Reece, ZS1DFR

RAE-Toekennings.

'n Arland Ussher Goue Pen vir die hoogste punte behaal in die twee RAE’S aan:
Duberette Labuschagne, ZS6DUB
Jonathan Woodburne, ZS3JW

Die Bolandklub het b Icom dubbelband draagbare stel geskenk aan die beste Klas B student, Karel Bezuidenhout, ZU6KB, wat 98% in die eksamen behaal het.

Baie geluk aan al die ontvangers en ons sien uit na opwinding in die komende jaar se kompetisies.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die son se aktiwiteitsvlak steeds laag is. Daar is tans vyf sonvlekgroepe sigbaar met 'n sesde wat besig is om te vorm. Die afgelope paar dae was daar 'n beduidende toename in sonvlekke.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings doen, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week ongeveer 62.

Al die DX-bande van 20 tot 10 m gaan pret wees met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer en 10 m net 'n kortkop agter.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

27 April – Laaste dag vir inskrywings vir die RAE in Mei.
28 April - Wesrand Amateurradioklub se snuffelmark om 12:00.
12 Mei, SA AMSAT ruimtesimposium; besoek www.amsatsa.org.za vir besonderhede en registrasie.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 570, was 17 760, kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 17:30 UTC op 3 230, was 4 895, kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur George, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003